image_pdfimage_print

Die Handleiding wat op hierdie webtuiste se bladsye as elektroniese lesse aangebied word, is vertaal in Afrikaans met die toestemming van die skrywer. (Handleiding: “A Tool For Personal Discipleship”. Skrywer: Art Barkley, President van “Discipler Training International”. Vertaling is gedoen deur Charlotte Stapelberg. Samestelling en verwerking deur Dissipels van Jesus.

LET WEL: Om die GRATIS LESSE te gebruik, moet jy asb. registreer.

Die DVJ Handleiding van gratis lesse is 'n instrument (werktuig) om die gesprek tussen die nuwer gelowige en die dissipelmaker ( 'geestelike ouer of mentor') te stimuleer, onder die leiding van die Heilige Gees, met die verwagte resultate as volg:

  • Geestelike volwassenheid
  • Geestelike vrugbaarheid
  • Geestelike voortplanting

Die DVJ handleiding het 'n inleiding, gevolg deur drie afdelings of fases:

Fase 1 is 'n kern stel lesse wat gebruik word vir geestelike mentorskap, 'n dissipelskap verhouding en/of in 'n klas.

Na Fase 1 volg twee bylae wat Lesse 1-2 en 1-7 aanvul.

Fase 2 bespreek hoe om ‘n dissipelmaker of ‘n geestelik mentor te wees.

Fase 3 gaan dieper in die kern begrippe wat in Fase 1 bespreek is.

Gebruik die twee Assessering lesse om te help om die geestelike volwassenheid vlak van die dissipel te diagnoseer.

image_pdfimage_print